Volgens me. Anneke Joubert, onderwyseres, was daar baie beplanning en harde werk deur die OOV (Ouer Onderwyser Vereniging) gedoen en leerders het geesdriftig vooraf donasies verkry.
"Elke klas het volgens 'n tema wat hulself gekies het, aangetrek en almal het die dag baie geniet," het sy gesê.
Graad 6 se temadrag, wat 'n klomp beseerdes voorgestel het wat behandeling by die hospitaal moes ontvang, het gewen.

Laerskool Volschenk se graad 6-leerders het behoorlik die koppe laat draai met hul oorspronklikheid.

Sakresies is altyd 'n gewilde item op dié dag.

Dit lyk nogal na 'n moeilike takie, maar dit wil voorkom of Benjamin Herbert die stok-en-wiel kuns bemeester het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'