TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die 19de Grootbrak Grabadoo is werklik 'n emmerlys-item waarmee 2021 afgesluit kan word.
Op Vrydag, 31 Desember kan deelnemers die 4,8km-afstand stap of hardloop, asook aan die fietswedren deelneem.
Die Grootbrak Grabadoo is een van die grootste fietsrybyeenkomste in die omgewing en die perfekte manier om die oujaar te groet.
Drawwers, stappers, gesinne en selfs troeteldiere kan deelneem aan die pragtige stap op Groot-Brakrivier in 'n roete van 4,8km. Bergfietsryers kan kies uit vier opwindende roetes wat 'n paar wonderlike kinkels en draaie in die bos insluit – 15km, 36km, 53km en 69km.
Deelnemers word versoek om voor of op 31 Desember aanlyn in te skryf by https://onlines.co.za/grootbrak-grabadoo/.
Vooraf inskrywings vir die fietsren sal op Woensdag, 30 Desember vanaf 08:00 tot 17:00 by die Groot Brak-sportgronde, Langstraat 67, Groot-Brakrivier aanvaar word. Laat inskrywings sal by die wegspringpunt by die Groot Brak-sportgronde vanaf 06:00 tot 06:45 op 31 Desember aanvaar word voor die eerste wedren om 07:00 begin.
Vir meer inligting, kontak Mimi Finestone (084 583 3144 of mimi@gojipr.net) of Alewijn Dippenaar (082 457 5675) of besoek die Grootbrak Grabadoo Facebookblad.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'