STILBAAI NUUS - Game Over het Woensdagaand 21 Februarie gewys dat daar nie 'n gelyke is vir hulle in die Bertie Barnard Damesliga Netbaltoernooi nie.
In 'n baie eensydige wedstryd was Thunder Birds aan die ontvangkant van 'n 25 - 0 loesing. Dit het nooit gelyk asof hulle enigsins 'n kans staan nie.
Game Over het met uitstekende samespel die een doel na die ander ingeryg en stoomroller nou na die finaal op Woensdagaand 11 Maart.
In nog 'n aanskoulike wedstryd het Berties daarin geslaag om One Hit Wonders met 10 doele teen 2 te oorrompel.
Woensdagaand 28 Februarie pak Game Over vir One Hit Wonders en die Pannekoeke speel teen Berties.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’