STILBAAI NUUS - Die fiksstes van die fikses is tydens die Muscle and Fitness Center op dié dorp se Fittest of the Bay-kompetisie behoorlik getoets.
Die kompetisie het vroeg op 23 Desember begin en deelnemers het om kontant en ander pryse meegeding.
Mans en dames moes voor 12:30 sewe verskillende items soos gewigoptel, optrekke, opsitte en verskeie spronge in 'n voorgeskrewe tyd voltooi.
Elkeen wat in die top 10 van die afdeling geëindig het, het 'n sekere aantal punte gekry. Om 13:00 was die wegspring vir die 2,4 km wedloop, die enigste item wat verpligtend was om vir die titel te kon meeding.
Rocco Bosman van Rooyen het met 75 punte met die manstitel weggestap, terwyl Kirsty Hulme se 68 punte haar die damestitel besorg het.
Lees 'n vorige artikel: Fiksheid beloon in Stilbaai
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'