HESSEQUA SPORTNUUS - Hessequa se domino-vereniging het verlede Sondag, 16 Mei die eerste keer vanjaar met vlugtige gewrigte meegeding.
Die kragmetings het op Slangrivier plaasgevind.
Freek Adams, die organiseerder sê alles is volgens Covid-19-inperkingregulasies gedoen.
Die stryd tussen Young Stars van Slangrivier en Klipdrifhoogte van Riversdal was naelskraap - en Young Stars het met 41-39 geseëvier.
In die ander kragmeting was Western Flyers van Slangrivier net té sterk vir Nietverloren van Albertinia. Hulle spog met 'n oorwinning van 48-29.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'