RIVERSDAL NUUS - Van Eden, wat Hessequa insluit, se beste junior en senior tafeltennisspelers het gister (Saterdag 8 Junie) aan die Riversdal Ope deelgeneem.
Die toernooi, wat bykans, 60 spelers gelok het, is in die Thusong-sentrum aangebied.
Dis goed ondersteun deur laer- en hoërskolespelers uit George, Mosselbaai, Knysna en natuurlik plaaslike skole in Hessequa waarvan die meeste van Riversdal was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’