STILBAAI NUUS - Eden-pluimbal speel Dinsdagaand, 24 Maart, vertoonwedstryde by die gemeenskapsaal in Stilbaai.
Dit is ter voorbereiding van die SA kampioenskappe en gaan beslis pluimbal van die hoogste gehalte oplewer.
Dit dien ook as 'n fondsinsameling vir hul uitgawes tydens die toernooi, en daar sal selfs gelukstrekkings wees.
Die wedstryde begin om 17:30 en belangstellendes word genooi om te kom kyk waaroor pluimbal gaan.
Navrae kan gerig word aan Ursula van Huysteen by 084 503 8481.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’