HESSEQUA SPORTNUUS - Hessequa Dominovereniging het Sondag, 20 Maart die streek se naam hoog gehou toe hulle die Eden-streek oortuigend met 341-228 vermorsel het.
Die kompetisie het op Albertinia plaasgevind. Die Hessequa-span het in die eerste uur met 75-32 voorgeloop en daarna was dit omtrent soos eenrigting verkeer.
'n Speler van die wedstryd is nie aangewys nie omdat die hele span saam aan die oorwinning gewerk het. Freek Adams moes by tye hard met sy span praat, wat tot die goeie resultate bygedra het.
Volgens Adams was van hulle jongste spelers, soos Sykie Julies (12) en Juniden Hartnick (7) ook skitterend en het hulle van die ouer garde behoorlik harde been laat kou.
Hessequa se volgende wedstryd is teen Boland op Robertson. Die datum was teen druktyd nog nie bekend nie.
Domino-spelers van Hessequa en Eden.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'