POTSPEL NUUS - Drie van die Tuinroete se toppotspel-spelers, Invancius Abrahams en Marthinus Hector van George en Danie Swart van Mosselbaai, het uitstekend gevaar in Suid-Afrikaanse Swartbal-kampioenskap wat gedurende Julie in Saldanha plaasgevind het.
Al drie spelers is vir die SA Protea-span gekies.
Swart het in Saldanha as toppresteerder geëindig en beklee die nommereenposisie in die meestersafdeling.
FOTOGALERY: Suid-Afrikaanse Swartbal-kampioenskap in Saldanha
In die mansafdeling van die hoof-kompetisie het Abrahams algeheel derde geëindig. Hector het in dieselfde afdeling 10de plek behaal.
Altesame 18 spelers en amptenare vanuit die distrik het aan dié kompetisie deelgeneem.
Spelers van links is Martinus Hector, Keanon Valentine, Glen Leonie, John Malgas, Adenaan Murphy en Bradley Salmons.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'