ALBERTINIA SPORTNUUS - Die Hessequa-dominovereniging bied op Sondag 17 Julie 'n toernooi in die Albertinia-gemeenskapsaal aan.
Die unies wat gaan deelneem, is Eden, Langeberg, Boland en Hessequa.
Die toernooi begin om 10:00 en die gemeenskap is welkom om dit by te woon en hul onderskeie unies te ondersteun.
Een van die organiseerders, Freek (Vaatjie) Adams sê hulle wil graag die jeug by die spel betrokke kry en wil hulle aanmoedig om ook die toernooi by te woon.
Vir enige navrae bel Vaatjie by 076 079 5707.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'