RIVERSDAL NUUS - Sowat 600 fikse, vasberade troutrekatlete het op Saterdag 13 Julie by Riversdal-skouterrein aan vanjaar se Wes-Kaapse toutrekkampioenskap vir seniors deelgeneem.
Die opwindende kragmeting is deur Hoër Landbouskool Oakdale aangebied.
Altesaam 86 spanne, wat mans en vroue verteenwoordig, het die naweek in nege gewigsafdelings deelgeneem.
Die WP was die algehele wenner, gevolg deur Eden, Wynland en Overberg.
Oakdale se o. 18-skolespan, wat net 560 kg weeg, het vir die Eden-span in vier gewigsafdelings deelgeneem. Die Bulle het goed gevaar en het onderskeidelik ‘n tweede, derde en twee vierde plekke teen die hardebaarde behaal.
Hulle het onder meer teen spanne in die gewigsafdelings 580 kg, 600 kg, 640 kg en 700 kg kragte gemeet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’