SPORTNUUS - Auckland en Wellington speel Sondagoggend in 'n rugbywedstryd waarna baie Suid-Afrikaners met verlange sal kyk.
Tot tyd en wyl twee SA spanne mekaar weer in 'n derby met so 'n ryk geskiedenis aandurf, sal die plaaslike ondersteuners maar met TV-dekking van kragmetings soos Sondagoggend s'n in Nieu-Seeland tevrede moet wees.
Saterdag se eindstryd van die Australiese reeks, tussen die Reds en die Rebels, behoort ook uitsoekrugby op te lewer.
'n Sokkerwedstryd tussen Liverpool en Chelsea, T20-krieket in Indië, die Amerikaanse Ope-gholftoernooi, die einde van die Tour de France en so te sê deurlopende motorsport is van die ander regstreekse uitsendings waarna kykers kan uitsien.
SuperSport-hoogtepunte (alles regstreeks, met DStv-kanaalnommers agteraan)
Vrydag, 18 September
- Fietsry: Tour de France, skof 19 (160k) – 13:20 tot 18:00 op kanaal 201 en 206
- Gholf: Amerikaanse Ope, dag 2 – 14:00 tot 01:00 op 213 en 18:00 tot 01:00 op 201
- Rugby: Nieu-Seelandse Mitrebeker: Tasman t Northland – 09:00 tot 11:05 op 201 en 211
- Sokker: Glad-Afrikareeks: Ajax Cape Town t Black Leopards – 14:45 tot 17:00 op 202
- Engelse Ligakampioenskap: Coventry City t QPR – 20:40 tot 22:45 op 205
- Spaanse Liga: Getafe t Osasunma – 20:55 tot 23:00 op 204
- Tennis: Italiaanse kampioenskap, dag 5 – 10:00 tot 22:00 op 201 en 11:05 tot 13:20 op 214
Saterdag, 19 September
- Fietsry: Tour de France, skof 20 – 12:50 tot 18:30 op kanaal 206
- TdeF: Onderhoud met wenner – 18:50 tot 19:40 op 206
- Gholf: Amerikaanse Ope, dag 3 – 14:00 tot 01:00 op 213 en 18:30 tot 01:00 op 201
- Vroue: Portland Classic, dag 2 – 00:30 tot 03:30 op 207
- Portland Classic, dag 3 – 22:00 tot 01:00 op 209
- Krieket: Indiese Premierliga, T20: Mumbai t Chennai – 15:45 tot 20:00 op 212
- Motorfietsrenne: MotoGP: Emilia-Romagna, kwalifisering – 14:04 tot 15:30 op 201 en 215
- Superfiets-wêreldkampioenskap, Katalonië – 10:50 tot 17:40 op 210
- Motorrenne: Le Mans, 24 uur – 14:30 tot 06:00 op 207 en 15:30 tot 01:30 op 215
- DTM, Nürburgring – 10:35 tot 11:25 op 215 en 13:15 tot 14:10 op 207
- Supercars – 07:20 tot 09:00 op 215
- Rallycross-wêreldkampioenskap, Letland – 14:00 tot 16:00 op 208
- Rofstoei: WWE Smackdown – 02:00 tot 04:10 op 201, 208 en 128
- Rugby: Nieu-Seeland: Bay of Plenty t Southland – 09:00 tot 11:05 op 201 en 211
- Australiese eindstryd: Brumbies t Reds – 11:10 tot 13:25 op 201 en 211
- Sokker: Engelse Premierliga, almal op 203: Everton t West Brom – 13:20 tot 15:30;
- Leeds t Fulham – 15:50 tot 18:00; Manchester Utd t Crystal Palace – 18:20 tot 20:30; Arsenal t West Ham – 20:50 tot 23:00
- Engelse Ligakampioenskap: Nottingham t Cardiff City – 13:25 tot 15:30 op 205
- Spaanse Liga – 15:55 tot 18:00 en 20:55 tot 23:00 op 204
- Italiaanse Liga – 17:50 to 20:00 en 20:55 tot 23:00 op 205
- Tennis: Italiaanse kampioenskap, kwarteind 1 tot 4 – 12:00 tot 22:30 op 214
- Vegkuns: UFC Fight Night – 00:00 tot 02:00 op 208 en 210
Sondag, 20 September
- Fietsry: Tour de France, skof 21 (122 km) – 15:35 tot 20:00 op kanaal 201 en 206
- Gholf: Amerikaanse Ope, dag 4 – 14:00 tot 00:00 op 213 en 20:00 tot 00:00 op 201
- Vroue: Portland Classic, dag 4 – 22:00 tot 01:00 op 207
- Krieket: Indiese Premierliga, T20: Delhi t Pandjab – 15:50 tot 20:00 op 212
- Motorfietsrenne: MotoGP: Emilia-Romagna – 10:45 tot 15:30 op 210 en 215
- Superfiets-wêreldkampioenskap, Katalonië – 10:45 tot 16:15 op 210
- Motorrenne: Le Mans, 24 uur – 05:30 tot 09:45 op 215, 06:00 tot 15:00 op 207 en 05:00 tot 06:30 op 210
- Nascarbeker – 01:30 tot 05:30 op 215
- Supercars – 04:10 tot 08:15 op 206
- DTM, Nürburgring – 10:25 tot 11:30 op 206 en 13:15 tot 14:15 op 209
- Rallycross-wêreldkampioenskap, Letland – 13:00 tot 15:00 op 206
- Rugby: Nieu-Seelandse Mitrebeker: Auckland t Wellington – 06:30 tot 08:35 op 201 en 211
- Sokker: Engelse Premierliga, almal op 203 – Southampton t Tottenham – 12:50 tot 14:55; Newcastle t Brighton – 14:77 tot 17:00; Chelsea t Liverpool – 17:20 tot 19:30; Leicester t Burnley – 19:50 tot 22:00
- Spaanse Liga – 15:55 tot 00:30 op 205
- Italiaanse Liga – 12:20 tot 22:45 op 205
- Tennis: Italiaanse toernooi, halfeind 1 en 2 – 14:00 tot 20:30 op 214
- Italiaanse toernooi, eindwedstryd: Maandag 17:00 tot 20:00 op 214
- Hamburgse Europese Ope, dag 1 – Maandag 10:30 tot 16:50 op 214
- Vegkuns: UFC fight night, voorgevegte – 01:00 tot 02:00 op 210, 208 en 210
- Hoofgeveg: Covington t Woodley – 02:00 tot 05:00 op 210, 208 en 210
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'