HEIDELBERG NUUS - Déjà Vu-potspelklub het Sondag, in hul tuiswedstryd teen Playboys van Riversdal, met 22-14 gewen.
Die tuisspan het al drie wedstryde gewen.
Déjà Vu is nou die voorlopers in die Hessequa-potspelunie en Playboys is tweede. Die onderskeie tellings was C-span 8-4, B-span 7-5 en A-span 7-5. Warren Williams is as speler van die wedstryd aangewys. Déjà Vu speel Sondag weg teen Spiders van Slangrivier.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'