Gallery
HESSEQUA NUUS - Hoërskool Langenhoven se eerste seunshokkiespan moes Saterdag op sy tuisveld die knie buig teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn.
Die besoekers het dié gelykopstryd met 1 - 0 gewen, maar die Dasse kon net sowel die wedstryd gewen het.
Hugo Redelinghuys het aksie op 'n nat hokkieveld afgeneem.
FOTOGALERY: Seuns verloor gelykopstryd
Arlo Viljoen flous twee verdedigers en gee die bal luglangs aan 'n spanmaat.
Ashwin Sambo spring in die lug om nie raakgeslaan te word nie. Sy spanmaats Christo Herbst en Esteban D'Emiljo hou die petalje dop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’