RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven het op 5 Augustus met hokkie, netbal en rugby teen Bredasdorp meegeding.
Die eerste rugbyspan het 'n baie goeie wedstryd gehad en met 13-10 geseëvier. Die tweedespan was ongelukkig om met 15-17 die knie te buig en ook die o.15's met 0-10.
Die o.16A seunshokkiespan het hul wedstryd met 0 elk verloor. Die meisies het drie van hulle vier wedstryde gewen. Die o.16A's 2-0, asook die o.16B's seëvier met 3-0. Die o.18B-span wen 2-1 en die eerstespan moes die knie met 1-2 buig.
Die o.14C netbalspan wen 17-3, die o.14B's 14-10 en die o.14A's 27-17. Die o.15B-span verloor 9-13 en die o.15A-span wen 12-11. 'n Gekombineerde derde- en vierde span wen teen hulle o.16A's 28-25. Die tweede netbalspan moes die knie met 14-19 buig en die eerstespan met 26-34.
Die Dasse speel op 12 Augustus tuis teen Hoërskool Robertson.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'