Die Dasse het uitsonderlik presteer en hul prestasies is soos volg: Lefébre Rademan behaal 'n vyfde plek in die 5-gang Ruiterkunsklas o.18, vyfde in 3-gang Ruiterkunsklas o.18 en sewende in die 'Champion of Champions', wat 'n afsonderlike ruiterkunskompetisie vir ruiters onder 18 is.
Anja Uys kom agste in die Kampioen 3-gang Kinderryperd vir ruiters 18 jaar en onder, vyfde in die Kampioen 3-gang Plesierperd vir ruiters 18 jaar en onder, derde in Kampioen 3-gangruiter vir ruiters 18 jaar en onder en wen die afdeling Kampioen 3-gang Plesierperd vir ruiters 18 jaar en onder.
Joy-Mare Wessels is die SA kampioen in die 3-gangruiterkuns vir ruiters 18 jaar en onder. Sy is die SA reserwekampioen in die 3-gang Plesierperd vir ruiters 18 jaar en onder, vierde in Kampioen 5-gang-ruiterkuns vir 18 jaar en onder, asook vierde in Kampioen 3-gang Plesierperd vir ruiters 18 jaar en onder. Liza Gerber kom sewende in die 5-gang kinderryperd vir ruiters 14 jaar en onder, vierde in 3-gang, vyfde in die Kinderparkperd vir ruiters 14 jaar en onder en sesde in die gang Kinderruiter vir ruiters 14 jaar en onder.

Van links is Anja Uys, Joy-Mare Wessels en Lefébre Rademan gedurende een van die spoggeleenthede van die kampioenskap.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'