RIVERSDAL NUUS - Hier kom 'n ding – ons gaan weer hierdie week skitterende rugby geniet!
Ons uitblinker-skole gaan mekaar weer goed aanvat op Riversdal se velde. Ons kan met reg trots wees op hierdie jongmanne.
Die manne wat nog diep spore gaan trap in die landbou lê Old Mutual Insure Agri na aan die hart en ons voel bevoorreg om deel te hê aan 'n prestige geleentheid soos hierdie!
Ons heg groot waarde aan ons betrokkenheid by landbouskole, veral wat die totale ontwikkeling van die leerders van vandag betref en ons glo dat dit sukses vorentoe vir ons land sal verseker.
Ons sien uit om weer Riversdal se gasvryheid te beleef, en u sal met my saamstem dat die harde werk deur elke onderwyser, leerder en ouer wat deel was van die organisasie, werklik krediet verdien.
Baie welkom aan elkeen van u en ons glo hierdie geleentheid in die gasvrye omgewing van Riversdal sal 'n blywende indruk op u maak.
Artikel: Philip du Preez, Hoof: Landbou
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa, Karoo nuus'