HESSEQUA NUUS - Die Angels-potspelklub van Heidelberg is Sondag 15 Mei deur die Blackballs van Albertinia behoorlik met 14 - 22 verslaan.
Blackballs se C-span het met 'n telling van 10 - 2 die weg gebaan vir die B-span, wat hulle opponente met 7 - 5 verslaan het.
Hoewel die A-span hulle rieme met 5 - 7 teen die Angels styfgeloop het, was die gesamentlike punte genoeg vir 'n oortuigende wentelling.
Skarrelkids het hulle wedstryd teen Down Town van Albertinia met 20-19 na 'n uitskietronde gewen. V-dub het nie vir hulle wedstryd opgedaag nie.
Verlede week se uitslae
Blackballs wen V-dub in 'n derby met 23 -13 op laasgenoemde se eie voorstoep. Die C-span wen gemaklik met 9 - 3, die B-span eindig gelykop en die A-span wen met 8 - 4.
Down Town, ook van Albertinia verloor teen Play Boys van Riversdal met 15 - 21.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'