HESSEQUA NUUS - Blackballs-potspelklub in Albertinia het Saterdag 30 Julie weer tande gewys en Angels van Heidel-berg in hul agterplaas met 21 - 15 gewen.
Blackballs is tans in die tweede plek op die punteleer.
Hulle het United van Slangrivier twee weke gelede met 22 - 14 verslaan.
Playboys het op dieselfde dag met Down Town van Albertinia in Riversdal met 19 - 17 afgereken.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'