HESSEQUA POTSPEL NUUS - Die potspel-liga het onlangs weer begin met Black Balls van Albertinia en Down Town wat gewys het dat hullle weet hoe om te pot.
Black Balls wat vanjaar met 'n goed balanseerde span spog het teen Q-Lovers van Heidelberg kragte gemeet. Hulle wen die wedstryd met 22-14.
Die C-span het die fondasie gelê met 9-3, die B-span volg met 'n gelykop uitslag van 6-6 en daarna wen die A-span gemaklik met 7-5.
In nog 'n wedstryd het Down Town hul derbie gespeel en hulle wedstryd ook met 22-14 teen V-DuB gewen. Albei spanne is van Albertinia. Die week daarna wen Down Town ook vir Good Fellas van Riversdal met 21-15.
Black Balls van Albertinia spog met hul nuwe hemde. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'