ALBERTINIA NUUS - Die Langeberg-potspelstreek se wedstryde is weer voluit aan die gang na vlak 3 ingestel is.
Black Balls-potspelklub van Albertinia het Sondag, 8 Augustus naelskraap teen Good Fellas van Riversdal met 19-17 in Good Fellas se agterplaas gewen.
Die C-span het hulle wedstryd teen hule eweknie gemaklik met 8-4 gewen. Die B-span het dit verder gevat en hulle wedstryd met 7-5 klaargemaak, maar vir die A-span was dit nie 'n goeie dag nie. Hulle verloor met 8-4 teen hul opponente.
Down Town het hul wegwedstryd teen Head Liners van Slangrivier met 17-19 verloor.
Die jong span, V-Dub het met Black Balls in 'n vorige wedstryd met 19-17 afgereken.
Op Sondag, 1 Augustus het Black Balls hul tuiswedstryd teen Power Balls van Melkhoutfontein met 19-17 gewen.
Die C-span het vanuit die staanspoor hulle stempel afgedruk en gemaklik met 8-4 gewen. Die B-span moes tevrede wees met 'n gelykop telling van 6-6 en Black Balls se A-span het ook hul rieme styf geloop teen Melkies se A-span. Laasgenoemde het verras deur met 7-5 te wen.
Jody Joseph van Black Balls se A-span het die beste vir sy span gevaar.
Jody Jospeh besig met een van sy wedstryde teen Power Balls.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'