HESSEQUA NUUS - Hessequa potspel is voluit aan die gang en is reeds besig met die tweede ronde.
Black Balls het hulle tweede wedstryd Sondag, 22 Februarie teen Ice Breakers van Heidelberg gespeel. Hulle wen die wedstryd met 20-16 op eie bodem.
Die C- en B-spanne het 'n goeie grondslag gelê en altesaam 14 aangeteken. Die Albertinianers het net ses punte nodig gehad om die wedstryd te beklink.
Uitslae
- Black Balls A 6; Ice Breakers A 6
- Black Balls B 7; Ice Breakers B 5
- Black Balls C 7; Ice Breakers B 5
- Black Balls het in die eerste ronde op 13 Februarie teen Play Boys van Riversdal te staan gekom en met 19-17 gewen.
V-dub van Albertinia het hulle tuiswedstryd met 21-15 teen All Stars van Heidelberg gewen.
Down Town, ook van Albertinia het hulle rieme teen Power Kings van Heidelberg in 'n wegwedstryd styfgeloop en verloor met 13-23.
In die daaropvolgende wedstryde op Sondag, 27 Februarie het Black Balls weer hulle segetog voortgesit en New Generation van Heidelberg in hulle agterplaas met 25-11 vermorsel.
Die B- en C-spanne het onderskeidelik met 8-4 elk 'n goeie gronslag gelê. Die A-span het verder sout in die New Generations se wonde gesmeer met hulle telling van 9-3.
Down Town slaag ook tuis met 'n oorwinning van 19-17 teen United Stars van Riversdal.
V-dub verloor met 15-21 teen Playboys van Riversdal.
Hessequa Potspel se bestuur vir 2022 is Adri Buis (voorsitter), Abraham Vaaltyn (ondervoorsitter), Gilbert Michaels (wedstrydbeampte), Jurgen Roberts (kassier) en Ricardo du Toit (sekretaris).
Van links is die spelers van Blackballs se A-span, Derrick Hendricks, Ricardo du Toit, Marcelayno Lawack en Brenden Manho. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'