RIVERSDAL NUUS - Gewone spel by Riversdal-rolbalklub het op Woensdag, 16 en Saterdag, 19 Junie voortgegaan.
Francois Damons en Bennie Basson het Woensdag die meeste punte (7 punte) in 'n enkele kop aangeteken. André Heyns, 'n besoeker en Shanelle Saayman het Saterdag ook die meeste punte in 'n enkele kop behaal.
Die wenners het elkeen 'n koopbewys ontvang. Tydens die borgdag vir lede en besoekers op Saterdag, 26 Junie het 10 trips-spanne teen mekaar meegeding.
Wenners
- Marius Saayman se bal het die naaste aan die "spider" geëindig.
- Theodore Prins (besoeker) het tweekeer die witbal eerste getref (2 touchers) nadat die klokkie gelui het. Charldré Saayman, Fritz Kriel en Charl du Plessis het ook 'n "toucher" gehad.
Uitslae in orde van grootste punteverskil verwerf
1. Charl du Plessis, Louis Fourie en Marie Boshoff; 2. André Heyns, Marvin Kortje en Theodore Prins; 3. Marais Lategan, Bobby Boshoff en Hennie Steyn.
Theodore Prins
Marius Saayman
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'