STILBAAI NUUS - Die Ninja Turtles het Donderdagaand, 21 November, die meeste punte ingesamel en is ook as die wenners aangewys.
Dit is egter eers volgende Donderdag, 28 November, wat bepaal gaan word watter span met die kroon gaan wegstap.
Die groot vraag is of dit 'n herhaling van die vorige toernooi in Maart gaan wees - of gaan daar dalk 'n paar verrassings wees?
Te oordeel aan Donderdagaand se wedywering, is daar 'n paar spanne wat steeds hul bes probeer om volgende Donderdag as wenners uit die stryd te tree.
Daar is natuurlik ook die houtlepel vir die span wat laaste eindig - en dit is nou een lepel wat niemand wil hê nie.
Donderdagaand, 28 November, is die Stilbaai Rolbalklub beslis die plek om te wees as jy wil weet wie is die beste sosiale rolbalspan in Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’