RIVERSDAL NUUS - Sosiale rolbalspelers wat weer wil deelneem aan die tweede seisoen van die Riversdal-rolbalklub se besigheidsliga kan solank hul rolballe afstof vir wanneer die gewilde liga einde Augustus weer begin.
Slegs 24 spanne sal toegelaat word om in te skryf en inwoners en enige lid van die publiek mag ook deelneem. Daar is genoeg rolballe beskikbaar vir spelers wat nie hul eie balle besit nie.
Op Donderdag 24 Augusts is daar 'n losmakeroefening om die roes af te skud, maar die daaropvolgende Donderdag, 31 Augustus, sal die besigheidsliga 'n aanvang neem.
Die kwarteindronde word op 16 November gehou, die halfeindronde op 23 November en die eindronde op 30 November wanneer die prysuitdeling ook sal plaasvind.
Dit kos R600 per span om deel te neem en belangstellendes moet vóór 24 Augustus hul deelname bevestig sodat die spelrooster betyds uitgewerk kan word. Betalings moet op of vóór 31 Augustus by Charl gedoen word.
Spelers mag slegs met platsoolskoene deelneem en geen skoene met hakke of werkstewels word op die rolbalperke toegelaat nie.
Soos gebruiklik is daar volle kroegfasiliteite beskikbaar en spelers mag drankies op die baan neem om hul senuwees te kalmeer. Daar is 'n kaartmasjien beskikbaar vir betalings.
Klubspelers mag slegs as 'n lei vir 'n span deelneem. Indien 'n wedstryd op 'n Donderdag afgestel word weens byvoorbeeld reën, sal geen ekstra wedstryde gespeel word nie. Slegs bestuurslede kan besluit wanneer spel afgestel word.
Spelers wat op die WhatsApp-groep gevoeg wil word, kan gerus vir Celvin Basson by 073 148 7717 kontak.
Sosiale rolballiga begin 31 Augustus
Sosiale rolbalspelers wat weer wil deelneem aan die tweede seisoen van die Riversdal-rolbalklub se besigheidsliga kan solank hul rolballe afstof vir wanneer die gewilde liga einde Augustus weer begin.
Slegs 24 spanne sal toegelaat word om in te skryf en inwoners en enige lid van die publiek mag ook deelneem. Daar is genoeg rolballe beskikbaar vir spelers wat nie hul eie balle besit nie.
Dit kos R600 per span om deel te neem en belangstellendes moet vóór 24 Augustus hul deelname bevestig sodat die spelrooster betyds uitgewerk kan word. Betalings moet op of vóór 31 Augustus by Charl gedoen word.
Spelers wat op die WhatsApp-groep gevoeg wil word, kan gerus vir Celvin Basson by 073 148 7717 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’