MELHOUTFONTEIN NUUS - Powerballs-potspelklub het Sondag 15 Julie hulle tweede ronde van die Hessequa-potspeltoernooi teen Powerkids, ook van Melkies, afgeskop.
Powerballs se A-span, wat meer ervare spelers het, het geen genade aan Powerkids getoon nie en die wedstryd met 7-5 begin.
Daarna het hulle die wedstryd gemaklik met 12-0 gewen. Powerkids se B-span het ook gewys wat in hulle steek en wen met 7-5. Die finale eindtelling is 24-12 en hulle slaag met 'n bonuspunt.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'