STILBAAI NUUS - Amy Hanekom het Stilbaai se naam hoog gehou tydens die onlangse nasionale skopbokskampioenskappe wat in Oudtshoorn plaasgevind het.
Sy het besonder goed gevaar en 'n tweede plek asook twee derde plekke behaal tydens die geslote toernooi, waar deelname slegs op uitnodiging geskied.
Amy is lid van sensei Victor-Arno Visagie se Stilbaai Kickboxing Academy, waar sy getrou elke Dinsdag en Donderdag onder sy leiding oefen. As deel van haar fiksheidsprogram ry sy fiets, draf en haal haar frustrasies op die slaansak uit.
Dit was haar tweede deelname aan 'n nasionale toernooi, en haar volgende groot doelwit is om as lid van die Suid-Afrikaanse span aan die wêreldkampioenskappe deel te neem. Op die lang termyn droom sy daarvan om self 'n sensei te word en ander af te rig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’