STILBAAI NUUS - Die 28-jarige Amy Hanekom van Stilbaai het Saterdag 16 Augustus aan die Eden-skopbokskampioenskappe in Pacaltsdorp deelgeneem en vyf silwermedaljes in verskillende style verower.
Sy neem nog net drie en 'n halfjaar aan skopboks deel, maar het al groot hoogtes bereik.
Amy was vroeër vanjaar lid van die Wes-Kaapse span wat aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem het.
Amy droom om as lid van die Suid-Afrikaanse span aan die wêreldkampioenskappe deel te neem en daarom oefen sy bitter hard by Victor-Arno Visagie se Stilbaai Kickboxing Academy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’