STILBAAI NUUS - Die halfpadmerk is verbygesteek, die vyf nuwe spanne het kans gehad om aan die gang te kom en die ou spanne is weer vuur en vlam aan die rol.
Met nog net drie Donderdagaande vir 'n span om as oorwinnaars van die veld te stap, is daar nog nie 'n span wat regtig uitstaan en kan terugsit nie.
Die vorige wenners, Oracle Refurb, wil dit graag weer doen, maar so ook is daar Die Buffels wat vir hierdie toernooi 'n stel horings bygekry het.
Die Super Hot Cherries het verlede week die meeste punte ingesamel. Kom hier 'n verrassing?
Donderdagaand, 13 November, is dit die derde laaste stel wedstryde en die kompetisie gaan van nou af beslis na 'n hoër rat oorskakel.
Kom Donderdagaand halfses en moedig jou span aan, terwyl jy die gesellige atmosfeer beleef.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’