HEIDELBERG NUUS - Sameshia Esau, 'n boorling van Heidelberg is sedert verlede jaar hoofafrigter van die Oostelike Provinsie se provinsiale Aloes-netbalspan.
Dié voormalige Proteaspeler het haar span tydens die pas afgelope Telkom nasionale toernooi in Pretoria na 'n oorwinning in die eindstryd afgerig waar hulle die Sunbirds met 48-43 getroef het.
Met die oorwinning in Afdeling 2 is hulle ook na Afdeling 1 opgeskuif.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'