SWEM NUUS - Die 16-jarige swemsensasie van George, Minke Janse van Rensburg, het verlede naweek twee downsindroom senior wêreldrekords by die SA kortbad nasionale swemkampioenskap in Pietermaritzburg gebreek en altesaam sewe goue medaljes ingepalm.
Minke het Vrydag 12 Augustus die downsindroom 200 m-vryslag senior wêreldrekord in 2 minute 56.97 sekondes gebreek, en Saterdag 13 Augustus die downsindroom 50 m senior wêreldrekord in 34.26 sekondes.
Minke deel in die S14 kategorie vir intellektueel gestremdes en het uitgeblink in 50 m-borsslag, 100 m- en 200 m-IM, 50 m-vlinderslag, 50 m-, 100 m- en 200 m-vryslag.
Minke is tans besig met voorbereidings vir die 2022 Wêreldkampioenskap wat op 15 Oktober in Albufeira, Portugal afskop.
Minke het as 13-jarige swemmer nasionale kleure verwerf en Suid-Afrika by die negende downsindroom wêreldswemkampioenskap verteenwoordig waar sy die jongste swemmer was.
Minke Janse van Rensburg (16) saam met Lara van Niekerk, 'n dubbel goue medaljewenner van die onlangse Statebondspele in Birmingham, Engeland. Minke en Lara het sy aan sy geswem tydens die kampioenskap in Pietermaritzburg verlede naweek.
Lees meer op susterskoerant, George Herald
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'