HESSEQUA NUUS - 'n Terugblik op 2019 se Hessequa sportnuus.
31 Januarie
Atletiek: Analie Heyns en Danie Geldenhuys is op 19 Januarie as Langeberg-atletiekklub se sportman en -vrou van 2018 aangewys.
7 Februarie
Hengel: Die tophengelaar van die dag tydens die vyfde somerliga van Eden-hengelvereniging op 19 Januarie op Wildernis, was Ruaan Westraad van Stilbaai-hengelklub.
14 Februarie
Hengel: Xandré de Beer (6) van Laerskool Volschenk op Riversdal wat self maar 22 kg weeg, het op 10 Februarie 'n skeurtandhaai van 130 kg by Witsand uitgetrek.
Xandré de Beer.
21 Februarie
- Hengel: 'n Hengelaar van Stilbaai en sy spanmaat van die Weskus, Willie Welman en Albert Thurling het vanjaar geskiedenis gemaak deur algeheel tweede in die senior manspare-afdeling van die vierde Sporthengel-wêreldkampioenskap te eindig.
- Krieket: United van Heidelberg en Riversdal krieketklubs het op 16 Februarie na die halfeindronde van die SWDK-promosieliga deurgedring.
28 Februarie
Rolbal: Mimi du Plessis en Christo Bekker is na afloop van Riversdal-rolbalklub se kampioenskap op 20 Februarie as die kampioene aangewys.
7 Maart
- Krieket: Riversdal het op 2 Maart met 'n goed berekende vertoning vir Heidelberg United tydens hul halfeindronde met 43 lopies verslaan.
- Rolbal: Piet Robbertse, Mariana van der Walt en Johan Snyman van Stilbaai-rolbalklub het Eden-kleure ontvang.
14 Maart
- Hengel: Raldu Potgieter van Stilbaai het die gesogte toekenning van top senior A-hengelaar oor drie jaar inkatrol en is vir die Protea-hengelspan gekies.
- Krieket: Riversdal-krieketklub het op 9 Maart 'n tweede plek in die SWD-promosieliga losgeslaan.
21 Maart
Rolbal: Twee spanne van Stilbaai-rolbalklub het tydens hul jaarlikse Spar Dames rolbaldag skoonskip gemaak deur die eerste en tweede plekke te verower.
28 Maart
Watersport: Twee renbootjaers van Hessequa, Hugo Erasmus en Raynor Becker het al die pad na Monte Carlo, Monaco gereis om hul 'Union Internationale Motonautique' (UIM)-toekenning te ontvang.
4 April
- Angling: Kobus Stander was the overall winner of the 7th annual Witsand kayak angling competition on the weekend of 29 March.
- Duiwewedvlugte: Frikkie Muller van Riversdal is as langpad- en algehele klubkampioen tydens Riversdal-posduifklub se prysuitdeling op 30 Maart aangewys.
11 April
- Hengel: Lena Cronjé van Stilbaai-hengelklub was die top-vrouehengelaar van Eden-hengelvereniging se agtste ligakompetisie op 30 Maart.
- Liggaamsbou: Christo Jantjies van Albertinia het drie eerste plekke in sy afdeling tydens die IFBB MaxFITT liggaamsboukompetisie op Knysna verower. Hy is ook die algehele senior manswenner en hy is vir die WP-span gekies.
Christo Jantjies.
18 April
- Krieket: Riversdal het met Albertinia in die laaste wedstryd van die Hessequa T20-kriekettoernooi op 13 April afgereken en word as kampioene gekroon.
- Hengel: Eden is tot die B-afdeling se Presidentspan verkies na afloop van die Nasionale B-hengelkampioenskap.
2 May
Cricket: Angelo Bush of Melkhoutfontein Cricket Club receives the trophy as Groundsman of the Season on 26 April.
16 Mei
Watersport: Raynor Becker (Stilbaai) en Hugo Erasmus (Riversdal) het as algehele wenners uit die 'Pro-stock'-afdeling getree by 'n nasionale kragbootkompetisie op Lappiesbaai gedurende die naweek van 11 Mei.
Hugo Erasmus en Raynor Becker.
23 Mei
Hengel: Stilbaai-hengelklub is op 18 Mei as die algehele wenners van die somer en winter hengelliga in George aangewys.
Stilbaai-hengelklub.
30 Mei
Rolbal: Agriland A-span het as wenners uitgetree na afloop van die Riversdal besigheidsliga op 16 Mei.
20 Junie
Rolbal: Piet Robbertse is as die Mansenkel-klubkampioen en Magda Robbertse as die Damesenkel-klubkampioen aangewys tydens Stilbaai-rolbalklub se klubkampioenskap oor die afgelope twee maande.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'