HEIDELBERG NUUS - Die opgradering van die plaaslike sportstadion vorder goed en die Hessequa-munisipaliteit, in samewerking met die kontrakteur en raadgewende ingenieurs, het so pas die finale inspeksie van dié nuwe sportfasiliteite gedoen.
Die plaaslike krieketklub Heidelberg United was instrumenteel daarin om die bou van die krieketoefennette jare terug te inisieer. Die opgradering sluit in die ontwikkeling van die B-veld vir sokker, krieket en ook rugbyoefeninge.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’