STILBAAI NUUS - Grace Prep Onafhanklike skool in Stilbaai het hulle jaarlikse naggholf by die Stilbaai-gholfbaan aangebied.
Sestig dapperes het die baan aangedurf met gloei-in-die-nag gholfballe en meeste was dit eens dat hulle volgende jaar terug is.
Die uiteindelike wenners was Tertius Venter en Mikal Theron.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’