STILBAAI NUUS - Stilbaai Gholfklub het Donderdag 12 September hulle jaarlikse dames gholfdag aangebied en 46 dames het deelgeneem aan die beterbal stableford kompetisie.
Daar was spanne van Stilbaai, Riversdal, Mosselbaai, George, Worcester en Stellenbosch en selfs 'n dame van Pretoria wat die somtyds lastige windjie trotseer het vir die samesyn en lekker gholf.
Uiteindelik was Yvette du Plessis en Melinda Gravett van Stilbaai die wenners van die dag en hulle het elkeen met 'n groot vleispak, geborg deur Hennie Slabbert daar weggestap.
Hulle is dan ook heel gepas aangewys as die span met die beste drag.
Susan Buys, dameskaptein van Stilbaai Gholfklub, was heel in haar noppies met die dag en het almal wat ver gery het om te speel spesiaal bedank en sy het die hoop uitgespreek dat hulle almal weer volgende jaar sal terug wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’