ALBERTINIA NUUS - Die jaarlikse Sanlam Cancer Challenge ten bate van Kansa vind op 5 Mei op dié dorp plaas.
Lede van omliggende gholfklubs word genooi om die dag saam met plaaslike klublede (enkel Stableford) te speel.
Die verrigtinge begin om 11:00 met ''n haelgeweer' afslaan en na afloop van die gholfdag word 'n heerlike biefstukete aangebied.
Om die vroue en kinders besig te hou, word 'n pretstap vanaf die gholfbaan om 11:00 aangebied. Gelukstrekkings en pryse kan gewen word. Alle fondse word aan Kansa geskenk.
Kontak Karools Janse van Rensburg by 084 491 0105 vir kostes en enige ander navrae.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'