RIVERSDAL GHOLF NUUS - Sanlam was op 29 Julie vanjaar vir die 25ste en laaste keer die internasionale borg van KANSA se Gholf-Uitdaagreeks.
"Te danke aan gemotiveerde gholfklubs en -spelers kon Sanlam in hierdie tyd altesaam R56 000 000 aan KANSA oorbetaal,"
het Johannes Cronjé, organiseerder wat die gholfdag vanjaar vir die 24ste keer bygewoon het, gesê. "Dit spyt ons dat Sanlam nie kan voortgaan met die borgskap van hierdie toernooi nie, maar dit was KANSA se besluit."
Hy het sy dank uitgespreek teenoor JC Slagtery vir vleisprodukte as bykomende pryse.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'