HESSEQUA NUUSFLITS - Die Suid-Kaap Sages se maandelikse byeenkoms het Maandag 21 Mei in stormwind op Mosselbaai plaasgevind.
Die dag is baie goed bygewoon deur 54 spelers wat die wind en formaat, wat ’n multiplier-kompetisie was, moes trotseer.
Dit beteken dat twee spelers wat saam speel se tellings vermenigvuldig word om sodoende die totaal van ’n sekere gat te bepaal.
Wenners van die dag was twee van die drie oudste lede van Sages, wat die jonger manne gewys het hoe onder moeilike omstandighede gholf gespeel moet word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Van links is Willie Terblanche, Buks Reynders, Dawid Venter, George Sadowsky, Davey Roberts en Denzil Geldenhuys.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'