HEIDELBERG NUUSFLITS - Vanjaar se wenner en kampioen van die Bertus Louwtrofee is Dawie le Roux van dié dorp.
Spelers het by die laaste Sagesbyeenkoms van die jaar op Dinsdag 28 November in 'n individuele Stablefordkompetisie teen mekaar meegeding om die wenner te bepaal.
Die wenner word dan beskou as die enkelskampioen van Sages vir daardie jaar.
Die byeenkoms het ook gedien as die afsluiting vir die jaar vir die Suid-Kaap Sageslede en dit het gepaardgegaan met 'n algemene jaarvergadering.
Die voorsitter, Grové Koch het in sy jaarverslag sy dank uitgespreek teenoor al die lede wat byeenkomste flink ondersteun en tegelykertyd ook 'n volledige verslag gelewer oor al die gebeure en uitslae van 2017.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'