Update
HEIDELBERG NUUS - Vanjaar se wenner en kampioen van die Bertus Louw-trofee is Dawie le Roux van dié dorp.
Spelers het by die laaste Sages-byeenkoms van die jaar op Dinsdag 28 November in 'n individuele Stableford-kompetisie teen mekaar meegeding om die wenner te bepaal.
Die wenner word dan beskou as die enkelskampioen van Sages vir daardie jaar.
Die byeenkoms het ook gedien as die afsluiting vir die jaar vir die Suid-Kaap Sages-lede en dit het gepaardgegaan met 'n algemene jaarvergadering, 'n jaarverslag deur die voorsitter, Grové Koch, en 'n heerlike bord eetgoed.
Dieselfde bestuur is herkies, behalwe vir die Heidelberg-verteenwoordiger, Jacques Becker wat na baie jare se diens besluit het om die tuig neer te lê. Neels Lourens sal in die toekoms die dorp verteenwoordig.
Koch het in sy jaarverslag sy dank uitgespreek teenoor al die lede wat byeenkomste flink ondersteun en tegelykertyd ook 'n volledige verslag gelewer oor al die gebeure en uitslae van 2017.
Uitslae
In die IPS-kompetisie het 'n besoeker, Walter Diedericks van Heidelberg die beste gevaar met 43 punte.
Dawie le Roux, ook van Heidelberg was tweede en is sodoende dan ook die wenner van die Bertus Louw-trofee.
Ander spelers wat die beste gevaar het, is: 3. Dave Gravett (Stilbaai) 40; 4. Wessel de Bruyn (Stilbaai) 38; 5. Cassie Swanepoel (Boggomsbaai) 38; 6. Gary Ristow (Riversdal) 38; 7. Colin Sharwood (Riversdal) 38; 8. Buks Reynders (Mosselbaai) 36.
Grové Koch (regs) staan by die wenners. Van links is Walter Diedericks, Dawie le Roux en Dave Gravett.
Die naaste aan die penne is gewen deur Ricky May van Stilbaai op 4/13 en Koch van Riversdal op 7/16.
JC Slagtery word bedank vir die worspryse vir die naaste aan die penne, ook vir hul bydrae by al die byeenkomste gedurende die jaar.
Lees 'n vorige artikel: Sages kroon 'n nuwe kampioen
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'