STILBAAI NUUS - Die meeste bome op die Stilbaai-gholfbaan staan skeef soos die suidooster hulle gewaai het maar verlede Maandag, 13 Maart, het 'n windstildag die Suid-Kaap Sages begroet.
Met sulke heerlike weer en die professionele en vriendelike ontvangs van Gerida Hough, bestuurder van Stilbaai-gholfklub en haar bekwame bestuurslui, bly 'n besoek aan dié klub elke keer 'n hoogtepunt op die Sages se kalender.
'n Totaal van 64 spelers het aan die vierbal-samespelkompetisie (beste twee tellings) deelgeneem.
Vir die 83-jarige Bill Hart van Stilbaai was dit nogmaals 'n besondere dag, want hy het vir die 33ste keer 'n rondte van 81 houe gespeel wat 2 beter as sy ouderdom is. Dis voorwaar iets wat baie min spelers ooit beskore is.
Wenners van die Suid-Kaap Sages se gholfdag in Stilbaai. Van links: Hendrik Cronjé, Wessel de Bruyn, Stoffel Maritz, Dirk Bosman, Breggie Maritz, Gary Ristow, Willie Roos, Nic Marais (voorsitter) en Lee Lippiatt.
Uitslae
Die volgende vierballe het die beste gevaar:
- Hendrik Cronjé, Wessel de Bruyn (Stilbaai), Stoffel en Breggie Maritz (Mosselbaai) 93.
- Dirk Bosman, Gary Ristow, Lee Lippiatt en Willie Roos (Stilbaai) 92.
- Wilhelm Steenkamp, Bertie van Jaarsveld (Stilbaai), Ernest Roux en Johan Muller (Boggomsbaai) 92.
- Marius Dunn (besoeker van Outeniekwa), Denzil Geldenhuys (Riversdal), Tony Postma en Kenneth Lello (Stilbaai) 91.
- Charl Marais, Pinoc Jacobs (Stilbaai), Pieter en Annemarie Smit (Riversdal) 88.
- Melinda Gravett, Janet Ristow (Stilbaai), Martin en Eleonor Speelman (Mosselbaai) 88.
- Nelus en Mariaan Loots (Mosselbaai), Gerhard en Susan Buys (Stilbaai) 87.
- Bill en Celia Hart (Stilbaai), Fred Bull en Nic Marais (Mosselbaai) 86.
Naaste aan die penne is gewen deur Kenneth Lello (Stilbaai) op 2 en11 en Wessel de Bruyn (Stilbaai) op 8 en 17. Fanie Wessels (Boggomsbaai), Piet van Wyk (Stilbaai), Willie Roos (Stilbaai), Pinoc Jacobs (Stilbaai) en Mariaan Loots (Stilbaai) het spog-twees behaal.
JC Slagtery van Riversdal het die worspryse vir die naaste aan die pen geborg en spelers van Stilbaai het ook wenpryse geskenk.
Die volgende Sagesdag ('n individuele Stableford-kompetisie), is op 17 April in Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'