Die kompetisie word oor tien maande gespeel en die jaar se wenners was bepaal deur hul gesamentlike 7 beste tellings.
Die groot prystafel van bykans R17 000 was geborg deur Niel van Tonder, Rob Drakes en Berto van Dyk terwyl Spider Loubser die spitbraai skaap voorsien het. Altesaam 23 spelers het elk met 'n prys huis toe gegaan.
Die eerste drie pryswenners was Andrew Michaels (eerste), Kadoems du Preez (tweede) en Hennie Slabbert (derde).

Die wenners van die jaarlikse 'Ringerjacket' kompetisie en nog 'n speler glimlag vir die kamera.