STILBAAI GHOLF NUUS - Die Ringer Jacket bring nie net gholfspelers bymekaar nie, maar ook hul gesinne.
Elke eerste Sondag na die einde van die maand, word dié kompetisie by die plaaslike gholfbaan gespeel. Na afloop van die prysuitdeling geniet spelers en hul gesinne 'n bring en braai.
Spelers speel nege putjies en geborgde pryse word aan die wenners uitgedeel.
Duane Deutchen is verlede maand se wenner met Fanie Barnard in die tweede plek, Johan Cronjé derde en Tos Michaels vierde.
Vir enige navrae skakel Bes Bezuidenhout by 078 250 0116.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'