RIVERSDAL NUUS - Laerskool Volschenk het verlede Saterdag, 12 November, hul jaarlikse gholfdag by Riversdal-gholfklub gehad.
Bea van der Linde, bemarker van die skool, sê met 'n propvol baan en die ondersteuning van die borge is daar net een gevolgtrekking: dié dag was weer 'n reusesukses.
Sy het elke deelnemer, borg, ouer en personeellid wat by die geleentheid betrokke was, van harte bedank. Ook aan die gholfklub vir hul puik reëlings en hulp met die dag.
Maar dan 'n spesiale woord van dank aan die hoofborg, Arno Rautenbach van AppSolve.
Die kompetisie is gewen deur Gerhard Pienaar en sy vrou, Jean-Mari (52 punte).
Lood Oosthuizen en Johan Muller (47 punte) was tweede en Pieter du Plessis en sy seun Jean-Prieur du Plessis (46 punte) derde.
Die uitslae van verlede week se twee kompetisies:
Woensdag IPS (18 gate):
- Francois Barnard (41 punte).
- Grové Koch (37 punte).
- Frikkie Geyser (32 punte).
Vrydag Sundowner IPS (9 gate):
- Louis Aucamp (20 punte).
- Bertu van Dyk en Donovan Newman (19 punte).
- Wikus Nel (18 punte).
Gerhard Pienaar en Jean-Mari Pienaar (middel) het Laerskool Volschenk se jaarlikse gholfdag gewen. Regs staan Bea van der Linde, bemarker by die skool.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'