STILBAAI NUUS - Ant Smith het 'n redelike suksesvolle twee dae op die Stilbaai-gholfbaan deurgebring.
Met verlede Vrydagmiddag, 9 Junie se Sundowner-kompetisie, het hy in die mansafdeling koning gekraai met 21 punte en in Saterdag se klubkompetisie (samespel; twee beste tellings om te tel) het hy saam met Max Dockel, Bill Annandale en Daan Botes met 91 punte geseëvier.
Mart Cronjé (20 punte) was die beste vrouespeler by die Sundowner-kompetisie gevolg deur Melinda Gravett (19).
Gert Willemse (21 c/o) was tweede ná Ant gevolg deur Peet Duncan (21 c/o) in die derde plek.
Hier is Kobus Gilliland (links) en Willie Deysel juis ná afloop van die weeklikse Sundowner-kompetisie waar hulle onderskeidelik met 15 en 19 punte klaargemaak het. Kobus is sedert Desember 1992 'n lid van die Stilbaai-klub en Willie van Desember 1987 af.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’