SUID-KAAP NUUS - 'n Beterbal Stableford-kompetisie met 'n voorkeurdryfhou is deur 42 Suid-Kaap Sagesspelers op 20 Maart verteenwoordig.
Vir Breggie en Stoffel Maritz wat op dié dag by die Sages aangesluit het, was dit 'n eerste ervaring op oliesetperke.
Hulle het pas uit Mpumalanga na Mosselbaai verhuis en hulle skop stof in die ander pare se oë. D
Uitslae
1. Breggie en Stoffel Maritz (Mosselbaai) 53
2. Thys Cronjé en Willie Albertyn (Stilbaai) 52
3. Ernest Roux en Chris Feiertag (Boggomsbaai) 52
4. Denzil Engelbrecht en Davie Roberts (Riversdal) 49
5. Willem du Plessis en John van Rensburg (Boggomsbaai) 49
6. Jan Storm (Heidelberg) en Dirk Bosman (Stilbaai) 49
Die naaste aan die penne, soos altyd geborg deur JC Slagtery van Riversdal is gewen deur Jannie Goosen (Riversdal) en Martin Speelman (Boggomsbaai).
Nege Suid-Kaap Sagesspelers het op 4 en 5 Maart aan die vyfhoekige toernooi in Port Elizabeth deelgeneem.
Suid-Kaap eindig in 'n sterk tweede plek na Grens en Niel van Heerden van Mosselbaai eindig in die algehele tweede plek oor die twee dae.
Davie Roberts van Riversdal wen die IPS-kompetisie op die tweede dag.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'