RIVERSDAL GHOLFNUUS - Faffa Marais het Saterdag, 7 November Riversdal-gholfklub se Sundowner-kompetisie met 20 punte agter sy naam gewen.
Op 'n 20 punte uittel was Frans Myburgh tweede, met Werner van Niekerk wat die derde plek met 18 punte kon losslaan.
Frikkie Jansen het Saterdag, 7 November met 71 houe die Race2-Wembley-kompetisie gewen.
Die kompetisie kom Saterdag, 12 November tot 'n einde met die algehele wenner wat met 'n televisie as wenprys sal wegstap.
Myburg (71 houe), Van Niekerk (72 houe) en Marais (72 houe) was onderskeidelik tweede, derde en vierde.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'