HESSEQUA NUUS - Die skool het saam met Interbilt, hul hoofborg van die dag op 20 Oktober hul jaarlikse gholfdag gehou. Volgens die hoof, mnr. Danie van der Mesch was die dag 'n reusesukses en sou dit nie kon plaasvind as dit nie vir die puik ondersteuning van die gemeenskap en borgskappe was nie.
75 Gholfspelers het deelgeneem. Rayvern Appollis van Vollies het gewen met 44 punte volgens die Stabelford-metode.
Die skool bedank elke borg, OOV- en personeellid wat tot die sukses van die dag bygedra het, asook 'n spesiale woord van dank aan mnr. Jaco van Zyl van Interbilt.
Rayvern Appollis en Isabel Jackson.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'