STILBAAI GHOLF NUUS - Tydens die naweek van 18 en 19 Januarie is sake in die plaaslike gholfkampioenskap uitgespook.
Johann Swanepoel se telling van 157 het verseker dat hy met die manstitel wegstap, terwyl Yvette du Plessis met 161 as dameskampioen vir 2020 gekroon is.
Die mans-nettokampioen is Ant Smith met 139. Gill Smith met 153 is die dames-nettokampioen.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'