ALBERTINIA NUUSFLITS - Poen Vermaak het vir groot opwinding gesorg toe hy sy pryse tydens KANSA se fondsinsamelingsgholfdag op Saterdag 5 Mei vir geld opgeveil het.
Na ’n woelige veiling is die bod vir ses gholfballe en ’n drasak op R1 000 toegestaan. Poen is vir dié pragtige gebaar bedank.
Wikus Louwrens het ’n skaap geskenk en baie lootjies is verkoop.
Hannatjie Bosch van Mosselbaai se lootjie was getrek.
Wimpie Janse van Rensburg wen die A-afdeling en Johan Nel is die wenner van die B-afdeling.
Die KANSA-gholfdag is goed ondersteun.
Lees meer in Donderag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'